Danse l’Afrique

Die neënde Danse l’Afrique, vind vir die eerste keer vanjaar in Johannesburg plaas by die Soweto Teater, die Dance Factory en die Markteater.

Dié reeks dansprograme is deel van Seasons France – South Africa 2012 & 2013 en is ‘n inisiatief van Institut française. Dit bied gehore die beste van kontemporêre dans in Afrika – 42 optredes.

Fatou Cisse (foto) van Senegal is deel van die opening vandag by die Soweto Teater. Danse l’Afrique eindig 30 September. Kaartjies begin by ‘n skamele R10 weens die ondersteuning van die regerings van Suid-Afrika en Frankryk.

Fatou Cisse
Fatou Cisse

(foto Antoine Tempe)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar