Athol Fugard se Master Harold en die boys speel af in 1950 – vyf jaar nadat die Tweede Wêreldoorlog tot ’n einde gekom het en twee jaar nadat die Nasionale Party, wat die segregasie-beleid op die wetboek geplaas het wat tot apartheid sou lei, aan bewind gekom het.
Die inspirasie vir die drama spruit uit Fugard se eie jeug. Die karakters is gebaseer op homself en die twee bruin mans wat vir sy ma gewerk het.
Master Harold ondersoek die verwikkeldheid van persoonlike verhoudings en die pyn wat mense juis diegene naaste aan hulle aandoen.
Dié aanbieding is die eerste professionele produksie van Master Harold en die boys in Afrikaans en gepas in die jaar waarin Suid-Afrika se bekendste dramaturg se tagtigste verjaardag gevier word.
Première.
Met: Christo Davids, Hennie Jacobs & Terence Bridgett
Regie: Zane Meas
Aardklop 2012
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen
Vertaling: Idil Sheard
Vervaardiger: GZ Productions
Plek: kykNET Gimmies, Potchefstroom
Tyd: 90 minute
Kaartjies: R100
Datums: 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 13:00, 5 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 13:00
Lewer kommentaar