Koos is nie dom nie

Wilma skryf sy moet net noem dat Koos van der Merwe is glad nie so dom soos al die grappe hier by Roekeloos mens wil laat glo nie.

Sy sê Koos is die dag kroeg toe met net ‘n paar sente en kon nog goed dronk raak. Sy sê hy het net genoeg geld gehad vir ‘n glas vrugtesap. Hy bestel toe ‘n halwe glas lemoensap en ‘n halwe glas koejawelsap. Hy gooi toe die twee saam in een glas. Hy Versier die sap toe met drie sambreeltjies en twee strooitjies.

So sit hy toe met die glas in sy hand, sonder om ‘n sluk te vat.
Toe sy eerste pel by die deur inkom vra hy: “Koos, wat drink jy?”

Koos se antwoord was vinnig en tot die punt: “’n Dubbel brandewyn en Coke, dankie man!”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar