Die bekende Namakwalandse storieverteller Danneline Ramsden is binnekort terug op die verhoog – dié keer in haar eerste hardebaardvertoning vol nuwe uit-die-maag-lag stories.

Ramsden, ’n gereelde gas op kykNET se gewilde Oppiestoep-program, is opgewonde oor die eerste keer dat sy in die Kaap se noordelike voorstede optree. “Dis ’n vreeslike lang storie, maar my vriende vra al so lank dat ek ’n show doen oor ’n sexy-vet antie met ’n ding vir ’n jong lat. So, hier is ek nou met my stoutste vertoning nog – vol stories wat op ware belewenisse gegrond is.” Die antie soek ’n Ben 10 word deur die mediapersoonlikheid Ivor Price vervaardig en spog met Eldon van der Merwe as die regisseur.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 31 Augustus 2022.  Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply