Durbanville se gewilde restaurant teater keer vir die tweede keer terug na die Absa KKNK. En as jy verlede jaar daar was, sal jy weet dit was een van die fees se treffers.
Jurg Human en Margit Meyer-Rödenbeck, die eienaars van Die Boer skerts: “Ons is al twee effens mal. En toe ontdek ons dat ander kunstenaars mal is oor óns malligheid. Dís waarom Die Boer weer Absa KKNK toe gaan. Ons wil die res van die wêreld wys presies hoe mal die malligheid is!”
As jy van goeie vermaak hou is Die Boer die plek vir jou, kompleet met lekker kos. Die Boer se sjef, Jean Louis Geldenhuys, gaan sommer baie kreatief raak en Gerrit Snyman, die stileerder, gaan die venue vreeslik mooi maak – jy sal jou verbeel dat jy in ’n volstruispaleis is.
Dis baie maklik: Kies ’n vertoning en koop ’n kaartjie by Computicket. As jy iets wil eet, daag jy net vroeër oop. Die restaurant maak twee uur voor elke vertoning oop en bedien ontbyt, middag- en aandete. Kaartjies sluit nie etes en drankies in nie.
OP DIE PROGRAM
• Adam Tas: Want jy is boer
• Amanda Strydom: Die hele boksemdaais
• Andriëtte Norman en Schalk Joubert: Vinkel & Koljander
• Jak de Priester: Ek reis na gister
• Kahn
• McCully Workshop: Work in progress
Adres: Adderleystraat 178, Oudtshoorn

