Die burg van hertog Bloubaard

In sy burg van woorde staan Bloubaard weer alleen en dink aan verlore liefdes en geliefdes. Wie en wat skuil in sy kamers van geheue? Wie en wat keer altyd in drome terug om te bly of dalk weer te gaan?

Gebaseer op Henning J. Pieterse se Hertzogprys-bekroonde digbundel, neem die bekende akteur Chris van Niekerk (onder meer van 7de Laan-faam) ons op ‘n vers- en musikale reis deur die kamers, kop en hart van ‘n Bloubaard-figuur wat, nieteenstaande verliese, steeds op liefde bly hoop.

Die uiters talentvolle en bekroonde liedjieskrywer en musikant Riku Lätti (Geraas-toekennings, “Smoorverlief”, “‘n Pleister vir my nerwe”, “Die President se keuse”, Radio Lava) se toonsettings van verskeie gedigte en musikale omlysting van die hele produksie, tesame met Chris Van Niekerk se vertolking van die gedigte en die regie deur Juanita Swanepoel (Kanna-Toekenning 2003), beloof ‘n fassinerende en ontroerende reis deur die psige van en legendes rondom Bloubaard. Riku Lätti se musiek word as meesterlik beskryf deur almal wat dit reeds gehoor het.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply