Die proponentjie

Die proponentjie
Roekeloos

Op Duskantdroogtefontein in die laat jare 50 is water net so skaars soos hubare jong mans.

Vroue (van 20 tot anderkant 50) is daar egter in oorvloed. Wanneer die nuwe jong predikant sy intrek neem, is daar dus vele gewillige, vlytige, versiende ma’s en dogters wat vir ds. Gaffie wil help met gordyne, meubels en breekgoed vir sy karig gemeubileerde pastorie.

Die belangrikste is egter dat die proponentjie se nuwe woning ’n pastorie-moeder moet kry!

Grote Grieta, Dollie Diamonds en Sarie Boerewors is bykans almal eerste op die toneel met hul jong, ongetroude dogters op sleeptou. Die huishoudster, Rachel, het egter ook ’n sê in wie haar intrek daar gaan neem. Is dit
Kleingriet, Tiene Trêweller of Hannie Hallelujavoetjies?

Almal haal uit om die jong predikant te beïndruk en te “werf.” Maar wie gaan uiteindelik die paal haal? Is daar miskien niemand of iemand met wie daar nie rekening gehou is nie?

Hierdie stukkie verspottigheid is ’n huldeblyk aan ’n dorpie en sy mense uit Pieter Fourie se kinderdae. Fourie vier tydens vanjaar se Absa KKNK – op Saterdag 3 April – sy 70ste verjaardag.

Ko-produksie: Absa KKNK en Aardklop.

Teks: Pieter Fourie
Regie: Paul Eilers
Met Deon Lotz, Susanne Beyers, Erica Wessels, Ilse Oppelt, Roeline Daneel, Lulu Botha, Hannatjie Smit, Lynita Crofford en Antoinette Louw

90 min. R95 ATKVouditorium
1 Apr. 09:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 10:00 4 Apr. 14:00

KKNK 2010

Pieter Fourie
Pieter Fourie

Lewer kommentaar

Leave a Reply