Getroud met rugby se twee gunsteling karakters, Cornia en Botha, het besluit dat die mense daar buite hul ware verhaal uit eie mond moet hoor – die een vóór Getroud met rugby begin het.
“Ek wil hê ons fans moet verstaan hoekom ons rôbbishes is en nie skollies nie,” sê Botha. “En ook dat ons harte het met ons eie sufferings, nes die res,” voeg Cornia by.
Geskryf en geregisseer as ’n spesiale vergunning deur Deon Opperman vir Cornia en Botha.
“Ek werk nie gewoonlik saam met sulke mense nie,” sê Opperman.
Aardklop 2012
Première
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/18
Plek: Beeld Totiussaal, Potchefstroom
Tyd: 80 minute
Kaartjies: R100
Datum: 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:00, 6 Okt. – 20:00
