Om sy Eerste 30 jaar in die teater te vier, bied Eric Nobbs met trots weer sy skreeusnaakse vertolking van Ou Stoffel Gieljam (Sagmoedige Neelsie se “neef”) aan, waarin hy sy rustige lewe op die plaas moet ruil vir die sonde en ergenis van ʼn dorpslewe – net om sy vrou, Soetlief, wat agter die modes en die hoë lewe aan was, gelukkig te hou.
Eric Nobbs slaag uitstekend daarin om die lagspiere te prikkel in sy unieke voordrag van die tradisionele Afrikaanse humor.
innibos 2009
Met Eric Nobbs.
Teks: CJ Langenhoven
Regie: Eric Nobbs
Gradering: Gesin (Geen 0/10)
Datum en tyd: Vr 3 Jul 19:00, Sa 4 Jul 10:00
Venue: St. Peters Skool
Tydsduur: 70 min
Prys: R75
