Kyk ouens, genoeg is genoeg! Dolla het besluit om te flêrrie is lekker, maar dis helse harde werk. Soos Madonna wil sy ook nou settle en ´n man hê wat na haar kyk.
Sy vlug toe dadelik na haar ma, nog steeds Pniel se enigste motormechanic en sê: Mamma ek wil ´n man hê.
“Watse man my liewe kind?” mompel Bobbejaanspanner Bettie hier van onder die bonnet.
“Hy moet my alles kan gee wat ek nog altyd wou gehad het.”, sug Dolla saggies.
Bobbejaanspanner snork en vee haar neus aan haar overall se mou af.
“Dolla my kind, geen wonder hulle noem jou Dowwe Dolla nie. Life´s not a fairytale.”
“Net omdat pappa saam met tannie Delores weggery het in sy swart ´74 Valiant. Hy was mos my pa, ne?”
Op daardie oomblik slaan Bobbejaanspanner haar duim met die moersleutel. “*$%*&!!!” “Ek het so gedink. My man gaan anders wees. Ek soek die ideale partner .
. Wolfgang Riebe!
Wat gebeur as Dolla en Wolfgang saam op die verhoog spring? Daar´s magic in die lug en die vonke spat. Kyk Dolla is toe glad nie so dof soos almal dink nie. Sy kies nie enige man nie, sy kies ´n man wat wêreldwys is- Wolfgang het al in 106 lande gewerk- en wat haar alles kan bied- al moet hy dit dan toor.
En nou die miljoen rand vraag? Wat sien Wolfgang in Dolla? Dis ´n baie stupid vraag, maar vir diegene wat nie die obviouse kan raak sien nie: enige goeie magician het ´n assistant nodig. Veral een wat hy kan opsaag. Dolla met haar vlymskerptong dring egter gereeld daarop aan dat dinge nie afgesaag word, maar eerder vergroot word.
Maar kyk, die Wolfgang is ´n man met waardes en het daarop aangedring dat voor hulle by die KKNK 2002 op die verhoog kan spring, moet hulle dit eers wettig maak. Die troue het plaasgevind om middagete op Vrydag die 29ste Maart 2002 te Spier. Vir honeymoon vertrek hulle dan na Oudtshoorn, want Dolla het mos ´n ding oor groot voëls.
