Elaine Strich 1925 – 2014

Elaine Stritch, ’n hardegat lewende simbool van die vermaaklikheidswêreld met ’n skerp tong, het die verhoog gister finaal verlaat in die ouderdom van 89 jaar.

Stritch was meeste van die tyd in die teater, maar ook wel in verskeie films en ’n paar TV-reekse – onder die films tel A Farewell to Arms (1957) en September (1987). Sy het verskeie Tony- en Emmy-toekennings ontvang.

Sy was lief daarvoor om idiote en idiotiese gedrag sleg te sê, maar haar grootste liefde was sigarette, alkohol en laat nagte. Sy het ophou rook in haar sestigs, ook tydelik ophou drink in ’n oomblik van swakheid voor sy weer op 80 begin het.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar