… en el Tablao Flamenco

Die Suid-Afrikaanse dansgeselskap La Rosa skop 2013 af met … en el Tablao Flamenco. Die choreografie word hanteer deur die Spanjaard El Truco (Eliezer Truco Pinillos) en die regie word behartig deur Carolyn Holden.

… en el Tablao Flamenco beeld die Spaanse naglewe van die 1940’s uit. Die stuk is op die planke by die Oude Libertas in Stellenbosch van 30 Januarie tot 2 Februarie. Dan gaan dit na die Kunstekaap in Kaapstad van 14 tot 23 Februarie.

La Rosa
La Rosa

Lewer kommentaar

Leave a Reply