Hoeveel keer berei jy vir dae aaneen voor vir jou oudisie? Hoeveel keer maak jy jou naam sleg voor ’n casting
director wat net skree ‘next!’? Hoeveel keer sing jy tot die aartjies op jou voorkop wil bars? Net om te hoor dat
iemand jonger, fikser en met witter tande die rol gekry het?
Twee akteurs deel hul stories: die highs, die lows van wat agter die skerms aangaan en hoe hard jy moet werk vir ten minste ’n call-back om óf die wolf te speel in ’n herverbeelde weergawe van Rooikappie, óf die featured ekstra in ’n Vin Diesel-fliek.
Suidoosterfees
MET Deon Lotz & Gary Naidoo TEKS & REGIE Rafiek Mammon
30 April 14:15, 1 Mei 17:15 & 20:15, Afr, Eng, ATKV Repteater, Geen o. 13 T, 30 min, R50
