Gatvol

‘n Opvolg-komedie van die show wat gehore laat kraai het van die lag by die Gariep-fees 2004. Drie manne. Een drom. En ‘n paar ander weird voorwerpe en oeps en siedaar! Jy vergeet van alles wat jou gatvol maak en jou lewe versuur. In die’ “mit-evil kommerie” besin Gideon van Eeden van Egoli faam (Sebastiaan) oor hoekom ons moet lag en lewer sy flymskerp kommentaar saam met twee skreeusnaakse nuwelinge: Christian Bennet en Dean van der Ventel – the best of the Cape Flêts, of miskien eerder die worst! (of wurst – soos in duits. mos) Sketse van verskillende skrywers word saamgebring met skreeusnaakse skakelteks en soms genadelose kommentaar op die wêreld van vandag in ‘n non-stop lag-tot-jy-drop komedie vir die hele familie.

Gideon van Eeden het aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer waar hy sy B.Tech graad voltooi het en is tans besig met sy meestersgraad. Hy het ook opleiding ontvang by Franz Marx Films. As televisie-akteur maak hy sy debuut as romantiese held, Dr. Sebastiaan Knobel, in die sepie, Egoli. en verskyn ook op Kunskafee, 7de Laan, Stoute Boude, Die Casper Rasper Show en Kwêla. In 2002 het hy ook opgetree as foto-dubbel vir die Britse akteur Clive Owen vir die Namibië opname van die film Beyond Borders.

As professionele teater akteur het hy sy eerste trëe geneem in Die Kabaret onder spelleiding van Chris Vorster saam met Amanda Strydom en Jan Ellis. In 2003 vertolk hy die rol van Gek in Schalk Schoombie se gewaagde Gesplete Tong saam met Rika Sennet met sukses by die hooffees van die KKNK, die Staatsteater en die Ghariep Fees te Kimberley. As professionele regisseur het hy HAMLETMACHINE en The Correction vir die Universiteit van Tegnologie met groot sukses uitgevoer en is die regisseur en uitvoerende vervaardiger van die opdrag-produksie Wetters by die KKNK 2004. Hy tree ook op as akteur, regisseur en vervaardiger van ‘n sketskomedie ‘n Gatvol Komedie. In Mei 2004 was hy een van tien verkose deelnemers in ‘n driedag meestersklas in regie aangebied deur Ilse van Hemert en konsekwensiëel die enigste deelnemer gekeur as nuweling regisseur vir die Aardklop/SABC-inisiatief produksie Swartskaap (wenner van die Ashanti-Anglogold Smeltkroes Prys) met Dawid Minaar te Aardklop 2004. Van Hemert tree op as sy mentor vir die produksie. Vir die televisie opname van die produksie werk hy saam met Bobby Heany. Hy was aangestel as die kreatiewe skrywer van die sangkomtetisie ZING 2! op KYKNET vir 2004 en tree ook op as kopieskrywer in die hoedanigheid vir Avroi Shlain. Hy is tans lektor te Northlink Kollege in speelkuns, drama uittreksels, produksie en poësie.

Christian Bennett het studeer te Northink Kollege. Sy professionele ervaring sluit in: Dollars & White Pipes (M-net film met Clint Brink), Democracy 10 (met Sollie Philander), Starsearch (finalis), Raak Wys (Regie: Ivan Lucas), Popstars (Top50) Kanna hy Kô Huistoe (regie: Royston Stoffels).

Dean van der Ventel het studeer by Northlink Kollege. Sy professionele ervaring sluit in: Starsearch (finalis), Raak Wys (regie: Ivan Lucas), Dollars & White Pipes (M-net film), Die ander Marta (regie: Albert Maritz), Democracy 10 (met Solli Phillander).

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar