Hierdie drie skrywers het nie tyd vir kansvatters nie.
Jy weet, daai ou wat sy vrou uit die kroeg bel om te sê hy werk laat. Of die een wat jou so plegtig verseker: Nee, ek sal mos nooit vir jou jok nie!
Hier deel hulle almal een woordkunsverhoog onder die wakende oog van Jakus Eloff, Phillip Berg en Wortel Strydom. (Nou hoekom noem hulle hom Wortel?)
* Debuut *
Met: Jakus Eloff, Phillip Berg, Theunis Strydom
Regisseur: Corné Koegelenberg
Teks: Jakus Eloff, Phillip Berg, Theunis Strydom
Vervaardiger: Swartberg Storiehandelaars
Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/16 jaar
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 2 Maart 18:00 | 3 Maart 11:00 | 4 Maart 19:30 |
Woordfees 2018
Geen kansvatters

Geen kansvatters
Roekeloos
2.5
