Fotograwe en filmmakers Warren du Preez en Nick Thornton-Jones se werk is alombekend in die mode-, kuns- en musiekwêreld. Hulle werk onder die naam W + N Studio.
Oor die afgelope dekade het hulle gereeld saam met die Yslandse popster Björk gewerk; selfs ’n Cannes Lions Grand Prix gewen met NOTGET. Onlangs het hulle weer saam met haar gewerk aan Utopia (sien foto).
Du Preez is oorspronklik van Johannesburg.

