Haal asem
Op 10 Augustus 2013 gly en val die 14-jarige Kieran van ’n krans in Hermanus na sy dood.

Terwyl hy val, spring ’n walvis uit die see. ’n Oomblik waartydens alles verander.

Haal asem is ’n toneelstuk waarin Kieran se ma, Ira Blanckenberg, poog om sin te maak van ’n onbegryplike verlies. Van die eerste oomblik ná Kieran se dood begin sy op stukkies papier skryf en dagboek ná dagboek vul, alles in ’n poging om te besin … en ook om Kieran se laaste woorde aan haar, ‘Haal asem’, te eer.

’n Dapper eenvrou-toneelstuk oor verlies, rou en die siel se onvermydelike reis.

* Debuut *

Met: Ira Blanckenberg

Regisseur: Marí Borstlap

Teks: Ira Blanckenberg
Stel- en beligtingsontwerp: Marí Borstlap
Vervaardiger: Mana Masjien

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/13 jaar
Tydsduur: 1 uur 5 minute
Kaartjies: R100 – R130 | R120 – R150 by die deur
Plek: Hoërskool Lückhoff, Stellenbosch
Datum: 3 Maart 20:30 | 4 Maart 16:00 | 5 Maart 20:30 | 9 Maart 15:00 | 11 Maart 10:00
Woordfees 2018


Haal asem

Haal asem


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply