Met hierdie nuutste vertoning dissekteer Nataniël die waarde en wonde van indrukke, dit wat elkeen lewenslank bybly en vorm. Die ster in die oog, die storm in die hart, voor op die tong of diep gebêre, elke indruk bepaal elke tree. Nataniël deel herinneringe, wondere en waansin.
Van jazz tot pop tot die barokklanke van Georg Friedrich Händel – Nataniël bring sy wye musikale repertoire,
aangebied met ’n nuwe versameling verhale! Hy deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis, asook
’n strykkwartet met vier van die beste Kaapse musikante.Händel en die donkie – snaaks, dramaties en o, so mooi – ’n móét vir die fynproewer!
Suidoosterfees
MET Nataniël, Charl du Plessis, Petrus de Beer (viool), Renée van der Westhuizen (viool), Emile de Roubaix
(knieviool) & Anjulie de Vos-Nock (tjello) KOSTUUMS Floris Louw
1 Mei 11:30, Afrikaans, The Capetonian Operahuis, Kaapstad, Geen o. 14, 85 minute

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
