Maak jou gereed vir ‘n reis terug in tyd met Hartsbriewe – ’n vertoning deurdrenk met nostalgie, warmte en die sagte fluisteringe van liefde in al sy gedaantes. Laat die klanke van Coenraad Rall se klavier jou dra na vervloë oomblikke, terwyl Hannes van Wyk, geliefde TV-aanbieder en akteur, jou op reis neem met ‘n keur van briewe wat soos geheime in ’n ou laai gebêre was.
Hierdie Hartsbriewe – soms snaaks, soms hartseer, altyd opreg – vertel van verlore liefdes, tydlose familieherinneringe en daardie eenvoudige, kosbare vreugdes van die lewe. Hartsbriewe is ‘n huldeblyk aan alles wat ons harte sag maak en ons drome lewendig hou. Jy kan uitsien na ’n vertoning vol nostalgiese stories, bietjie humor, ’n traan of twee..en ‘n warm gevoel wat nog lank sal bly na die laaste woorde gespreek en note gespeel is.
HARTSBRIEWE met HANNES VAN WYK en COENRAAD RALL (Geborg deur CURRO) by Die Boer teater op Sondag 19 Okt om 14:00. Kaartjies kos
R 220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

