Hoekom is die badkamer se vloer nat?
’n Partytjie ruk hand-uit. ’n Man verjaar. ’n Seun verdrink.

Man vier sy 20ste verjaardag by Seun se begrafnis. Man beskou dit as sy plig om die mensdom uit sy foute te laat leer en om sy medemens te verlos van die erns.

Daar’s spermselle, kampeerders, ruimtevaarders en studente. En wat maak Patricia Lewis ook daar?

In dié skerp satire oor ’n Afrikaanse gesin in die suidelike voorstede kan jy dalk jouself in die spieël herken.

Met: Hendrik Nieuwoudt, Kristin Pienaar, Andries Meyer

Regisseur: Reuben Murphy

Teks: Reuben Murphy, Hendrik Nieuwoudt en Kristin Pienaar
Stel- en beligtingsontwerp: Reuben Murphy
Verhoogbestuur: Roelien van Jaarsveld

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/13 jaar
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: HB Thom-laboratorium, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 17:00 | 8 Maart 17:00 | 10 Maart 13:00
Woordfees 2018


Hoekom is die badkamer se vloer nat?

Hoekom is die badkamer se vloer nat?


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar