Dié stuk is vernoem na Miley Cyrus se treffer wat ‘n strydlied vir enkellopende vroue wêreldwyd geword het. Dis ’n komedie oor Natalie Jackson, ‘n eiendomsagent in haar vyftigerjare, wat vermaak terwyl sy besin oor die hoogte- en laagtepunte van verhoudings, kinders, professionele lewe en haar vriendskappe met vroue.
Oud genoeg om in hul tweede of derde huwelik te wees, jonk genoeg om nie vir apartheid geblameer te word nie en vrou genoeg vir menopouse, noemm Natalie en haar vyf vriende hul WhatsApp-groep Six-in-the-City. Deur te werk in ‘n bedryf wat deur vroue oorheers en gelei word, geïnspireer deur vriendinne wat professionele sukses behaal het, en jare se terapie het Natalie gehelp om haar demone en onsekerhede te oorkom wat gewortel is in die bekende wêreld van patriargale gesinne en verhoudings. Sy is nou gereed om op haar eie terme te leef.
By Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville op 3 Junie om 20h30.
Kaartjies is R 180 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
Geskryf deur Mike van Graan
Regie: Toni Morkel
Met: Erika Breytenbach

