Die een bruin, die ander wit. Die een jonk, die ander ouer. Twee vroue word onverwags in ’n gastehuis saamgegooi – met al hulle verskillende emosionele bagasie in ’n land van geweld.
Albei is om uiteenlopende redes uitgefreak. En in die loop van die aand kom hulle agter geweld is nie uitsoekerig oor die kleur van ’n vrou se vel nie. Hul eerlikheid is gruwelik, hul humor is bloedig …
Drie Fleur de Cap-wenners op hulle beste.
* Debuut *
Met: Hendrik Nieuwoudt, Kristin Pienaar, Andries Meyer
Regisseur: Reuben Murphy
Teks: Reuben Murphy, Hendrik Nieuwoudt en Kristin Pienaar
Stel- en beligtingsontwerp: Reuben Murphy
Verhoogbestuur: Roelien van Jaarsveld
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/16 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120 – R140 | R130 – R160 by die deur
Plek: Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch
Datum: 3 Maart 20:30 | 6 Maart 16:00 | 9 Maart 10:00 | 11 Maart 16:00 & 20:30
Woordfees 2018
In die bloed
In die bloed
Roekeloos
2.5
