Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd—onblusbaar, ongetem, en vol lewe. ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en André P. Brink, en weef hul passie, verlange, en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.
Hierdie unieke musiek- en toneelproduksie is ’n viering van Ingrid se hart en gees—’n vrou wie se woorde die wêreld getroos het (en steeds doen), selfs al het haar eie hart gebreek. In haar reis het sy ook haar eie donkerte in die gesig gestaar—die stryd teen depressie (nes haar ma), wat haar lewe gekompliseer het maar haar kuns verryk het.
Oorspronklike nuwe musiek omhels haar bekende gedigte uit die digbundel Rook en Oker, sodat elke lied ’n briesie word wat deur jou siel beweeg. Kom beleef haar soeke na liefde, haar stryd na ontvlugting, en die roekelose hoop wat haar vlam helder laat brand het in die koudste van dae.
Met Lizelle Pike
Regie: Nadia Beukes
Klavier: Chanie Jonker
By die Boer teater restaurant in Durbanville op 29 Mei om 20h30.
Kaartjies kos R230.00 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

