Drome dra nommers en op dié nommers word gewed.
So word daar met die wengeld vir die kinders kos gekoop. Of dit ’n slang is of ’n boot of water of ’n huis, hulle het elkeen sy eie nommer. En hierop wed Elsie twee keer ’n week, want sy speel Fafi. Fafi is ’n onwettige dobbelspel wat in die townships en strate van ons woonbuurtes gespeel word en Elsie is die huishulp. Hierdie ondergrondse beweging word al baie jare lank deur Sjinese bendelede bestuur.
In die magiese wêreld van drome; daar waar ons weer leer om mens te wees, daar sorteer ons ons probleme uit. Daar word ons vrygeskel van ons verslawings. Dié toneelstuk is ’n mengelmoes van Suid-Afrikaanse simbole in ’n kruisbestuiwing van kulture.
Dit is ’n outobiografiese eenmanstuk oor Gys de Villiers se persoonlike lewe. Kom loop saam met hom opsoek na sy menswees. Deur drome en herinneringe ontknoop hy al sy voorafgestelde idees. Kom stap saam met hom op sy nostalgiese reis na gister om by vandag uit te kom.
Gys het spesiaal van Amerika gekom vir hierdie vertoning. Dit beloof om net so ’n kragtige en fisiese vertoning te wees.
Met: Gys de Villiers
Regie: Jaci de Villers
Teks: Gys en Jaci de Villiers
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Tydsduur: 65 minute
Kaartjies: R 122
Plek: Pickfords Laeveld Laerskool, Nelspruit
Datum: Wo 1 Jul 19:00; Do 2 Jul 10:00; Vry 3 Jul 14:00; Sa 4 Jul 16:00
Elsie se nommers,
Roekeloos,
6 Mei 2015.