#innibos Ballade vir ’n enkeling met Leon van Nierop

Jy’t dalk al die fliek gesien, en lank gelede week ná week vasgenael gesit voor die kassie, maar almal weet tog die boek is altyd beter!

Leon van Nierop se boek Ballade vir ‘n Enkeling sal jou skok, boei en vermaak, maar bowenal meevoer, nes destyds in 1987 toe dit op televisie vertoon is. Lees nou ook die storie wat destyds nie op TV vertel kon word nie. Dit is tyd vir die volle waarheid.

Jacques Rynhard, die land se gewildste skrywer, verdwyn op die aand waarop die hoogste letterkundeprys aan hom oorhandig gaan word. Dit lyk asof sy verlede hom ingehaal het. Joernalis Carien Human besef hierdie is die belangrikste storie van haar lewe, maar sal sy bly leef om dit te vertel?

Van Nierop het meer as twintig boeke, asook talle radioverhale, op sy kerfstok. Hy was vir twintig jaar lank dosent in rolprentontleding, en ook al omroeper, nuusleser, regisseur en is veral bekend as ’n gesoute fliekresensent. Kom luister hoe hy die geheime van sy stories ontrafel.

Om ekstra fleur te gee, gaan Stiaan Reynierse van die pragtige liedere uit hierdie film sing.

Onderhoudvoerder: Annemarie van der Walt

Genre: Gesprek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: Gratis (bespreek by 013 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar)
Plek: Stoep-restaurant, Sonpark, Nelspruit
Datum: Saterdag 4 Jul om 10:00

Ballade vir ’n enkeling met Leon van Nierop,
Roekeloos,
20 Mei 2015.

innibos 2015

Lewer kommentaar

Leave a Reply