Die ASSITEJ platvorm by die Nasionale Kunstefees 2014 in Grahamstad bied vanjaar opwindende internasionale produksies aan vir jong gehore.
Die Suid-Afrikaanse tak van ASSITEJ speel gasheer vir die lawwe en energieke musikale teatergroep Batida uit Denemarke. Hulle opelug produksie Ouverture en hul donker komedie A Man Called Rolex, sal by die fees te sien wees.
Ouverture is ’n mengsel van musiek en humor en sal op die Oatlands skoolterrein in Grahamstad te sien wees van 3 tot 5 Julie, daarvoor skuif na die Drostdy-grasperke vir 6 en 7 Julie.
A Man Called Rolex gaan oor vryheid van spraak; wat met jou kop gebeur onder ’n diktatorskap. Die stuk is geskep in samewerking met die Britse regisseur Alex Byrne. Dit is van 3 tot 7 Julie in die Memory-saal.
Uit Nederland is daar Maarten Sparrow Flies Out. Dis ’n moderne dierestorie. Christiaan Bloem en Annemiek Funneman is in die hoofrolle. Dit is in die Oatlands-saal van 8 tot 13 Julie.
Daar is ook ’n produksie wat geskep is in samewerking tussen Suid-Afrikaanse en Zambiese teatergroepe. The Baobab is ook ’n opelug produksie, onder regie van Kyla Davis. Dit is in die Botaniese Tuine van 3 tot 12 Julie.

