#kalfiefees In die kuiertent

Soos verlede jaar is die hart van die Kalfiefees (6 – 10 Augustus 2015) weer by die De Wetsaal in Onrus, in n knus kuiertent langs die saal.

Al storm en sous dit buite soos dikwels gedurende die Kalfiefees is daar ‘n toe tent met verwarmers binne, so die tent sal staande, droog en warm wees.

Binne in die tent is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie, en tee en koffie sal aanhoudend prut. Heerlike eetgoed soos vetkoek en pannekoek sal die innerlike versterk asook n keuse van koshappies.

Die ‘kantoor’ van die Kalfiefees is ook binne-in die tent, en onthou, wie ookal van die Kalfiefeeskomitee die tafel beman, sal ook raad, inligting en aanwysings kan gee. Kaartjies vir alle vertonings kan gedoen word by Computicket -in die Checkerssentrum, maar sal ook beskikbaar wees by die kuiertent gedurende die feesnaweek.

Kaartjies kan ook ‘n uur voor die tyd van alle vertonings by die venue-deur gekoop word, maar moet dit eerder nie waag nie tensy jy moet, die kans is groot dat jy nie plek gaan kry nie.

Kalfiefees 2015

In die kuiertentd,
Roekeloos,
21 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar