#Kalfiefees Man / Mannin : Die Saamloopdae van Man en Vrou

Man / Mannin : Die Saamloopdae van Man en Vrou
Roekeloos
2 Augustus

Carel Trichardt en Petru Wessels deel met die gehoor ‘n woordbeeld oor die saamloopdae van man en vrou – die saam dra, (of is dit nou swaardra?) aan hulle sewe sake sout.

Die woordbeeld is saamgestel uit verse en prosa uit die ryk skat van die Afrikaanse taal. Man/Mannin loop die pad vanaf hulle jong en romantiese dae, na hulle huwelik en ouer en kind dae, tot by hulle alleenloopdae. Daar is die lag en die traan, die soet en die suur, die op- en afdraandes.

Enkele skrywers wat hierin voorkom, is AG Visser, Audrey Blignault, Antjie Krog, NP van Wyk Louw en Dolf van Niekerk.

Met: Carel Trichardt en Petru Wessels

Genre: Musiek
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R90
Plek: Sprokkelster, Hermanus
Datum: 13h00, 10 Augustus 2014

Kalfiefees 2014

2.5


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply