‘n Sad stowwerige potplant staan alleen in die voorportaal van ‘n kantoor. ‘n Potplant is veronderstel om lewendig en mooi te wees en almal wat daarna kyk te laat goed voel. Maar wat as sý juis die een is wat ontvlugting nodig het? Die plant vind maniere om die verveling the ontvlug met haar verstrengelde humorsin en haar sang. En sy sing – baie. Wie sê die potplant het nie ook groot drome nie? Hierdie kabaret belig die lewe van ‘n plant wat ongelukkig is in haar omgewing. Ander karakters betree ook die landskap deur komiese kommentaar te lewer en nog saadjies te plant. Die oorspronklike uittreksel is bekroon met die KKNK se Kanna vir beste Lucky Pakkie-aanbieding 2024.

Ontwikkeling ondersteun deur KKNK, Toyota Stellenbosch Woordfees, NATi en die Johann Brink Trust.

Deur Karli Heine

Feat. Grethe van der Merwe as “Klavier”

Regie deur Dean Balie

By Die Boer teater in Durbanville op 18 Junie om 20h30.

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Karli Heine in Die Potplant
Karli Heine in Die Potplant

Lewer kommentaar

Leave a Reply