Die 85-jarige Ouma Katrina Esau is die laaste een wat nog die oertaal N/UU kan praat. Sy vertel haar verhaal in haar eie woorde met aangrypende musiek deur Coenie de Villiers en die skitterende choreografie van Kirvan Fortuin.
Dis die menslike verhaal van ’n merkwaardige vrou se lewe in ’n sterwende taal, uitgebeeld met die tradisionele musiek en dans van die San-gemeenskap met dank aan die San-Raad van Suid-Afrika
Teks: Katrina Esau
Konsep, musiek, musiekproduksie en klawerborde: Coenie de Villiers
Choreografie: Kirvan Fortuin
Stelontwerp en beligting: Kirvan Fortuin met Faheem Bardien
Opname-ingenieur vir Ouma Katrina, Upington: Anton Opperman
Redigeringsingenieur vir onderhoude met Ouma Katrina: Alli Heyns, Inyanga Recording
Programmering en kitare: Johan Rautenbach
Tjello: Susan Mouton
Konsultasie, tradisionele instrumente: Pops Mohamed
Konsultasie, tradisionale San-danse: Jan Pietersen (Oupa Jan), D.K. Saa-dansgroep, Witdraai
Produksiebestuurder en verhoog: Yvette Hanekom
Dansgeselskap: Kirvan Fortuin, Marlin Zoutman, Byron Klassen, Lewellyn Afrika, Emily Isted en Paxton Simons
Animasie en subtitels: Marketing Support Services
Videomateriaal: Homebrew Films
Ontwerp: Annemart Swanepoel, Option A
Vervaardiger: Kunstekaap en CDV Market Ideation
Genre: Ballet
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies: R50 – R150 | R170 by die deur
Plek: Stadsaal, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 15:00 | 8 Maart 11:00

