Sheila is ’n jong transgender-vrou wat terugkeer na haar geboortedorp – van Stellenbosch na Kamieskroon in Namakwaland.

Sy wil haar onskuld opeis, maar die pastoor met wie sy eens ’n verhouding gehad het, staan in haar

pad. Sy begin grawe na haar wortels, maar al wat sy kry, is geraamtes. En wie speel Maria in die Kerskonsert?

’n Ware Griekse tragedie wat Sheila nie kon voorsien het nie.

Met: Gantane Kusch en Odwa Bongo (sang)

Regisseur: Jason Jacobs

Skrywer: Du Toit Albertze

Musiek: Odwa Bongo

Verhoogbestuurder: Ashwin Arendse

Vervaardiger: KleiSand Produksies

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar