Die geld is op. Die sirkusbaas het gedros. Nou sit almal en suip en weier om die show aan te bied.
Die twee ou narre, Koos en Koos, probeer sin maak van gebruikers, verbruikers, misbaksels van misbruikers en oseane van plastiek.
Narkose is ’n parodie van die lewe. Dit lewer kommentaar, dit raak, dit maak saak en vermaak. Die hele blerrie sirkus.
* Debuut *
Met: Elize Cawood en Wilson Dunster
Regisseur: Gerrit Schoonhoven
Skrywer: Louis Roux
Genre: Tragikomedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R115 – R135 | R155 by die deur
Plek: Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 12:30 | 9 Maart 13:00
