Jeanne Goosen se gelyknamige roman het lankal ikoonstatus bereik.

Daar’s Gertie en haar ma, Doris, en Uncle Tank en Mavis. Hulle is arm, maar hulle is menslik en trots. Dis die vroeë vyftigerjare in Parow en apartheid steek sy vuil vingers oral in.

Goosen kyk met skerp ironie, deernis en humor na dié tyd en sy Afrikanermense deur die oë van Gertie.

* Debuut *

Met: Daneel van der Walt

Verwerking en regisseur: Mercy Kannemeyer

Skrywer: Jeanne Goosen

Stelontwerp: Rocco Pool

Vervaardiger: Kabous Meiring

Genre: Tragikomedie

Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar

Tydsduur: 1 uur 10 minute

Kaartjies: R100 – R135 | R155 by die deur

Plek: Hoërskool Luckhoff, Stellenbosch

Datum: 9 Maart 20:30 | 10 Maart 16:00

Woordfees 2019

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar