Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof in ’n nuwe verwerking.

Nico Scheepers verskuif die toneel na ’n wildplaas in die Limpopo-bosveld. Dit is hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom

vir hul patriarg se 65ste verjaardag.

Boela, die oudste seun, drink homself buite weste om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, sy eensame katvoet-vrou, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef.

Met: Marius Weyers, Marion Holm, Tinarie van Wyk Loots, Laudo Liebenberg, Albert Pretorius, Martelize Kolver, Geon Nel, Mia Dippenaar, Inge Dippenaar, Nina Dippenaar

Regie: Nico Scheepers

Verwerk deur: Nico Scheepers

Stelontwerp: Nico Scheepers en Patrick Curtis

Beligtingsontwerp: Micheal Garbett

Teks: Tennessee Williams

Kostuumontwerp: Rouvé Hittingh

Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp

Vervaardiger: Theatrerocket

Genre: Drama

Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar

Tydsduur: 2 uur

Kaartjies: R160

Plek:  Beeld Ouditorium, Potchefstroom

Datum:  24 Sept 15:30, 25 Sept 09:30, 26 Sept 15:30, 27 Sept 09:30, 28 Sept 17:00

Aardklop 2019



Lewer kommentaar

Leave a Reply