Anwaar kry ’n taste van fame wanneer hy ’n gangster in ’n fliek speel, maar hoeveel daarvan is acting?
En wat maak ’n mens as die fame opdroog?
Nicole vaar goed op skool en wil ’n sukses van haar lewe maak, maar eerste liefde is ’n harde leermeester.
Derick wil poetry skryf, want woorde maak sy kop stil, maar woorde betaal nie die bills nie.
Mary kyk uit vir haar kind; hy’s immers al wat sy het. En wanneer hy ’n flatscreen koop en Vibracrete-mure om die huis laat sit, vra sy nie waar die geld vandaan kom nie.
Rolanda wil ’n Cape Kardashian wees, haar flat iron in haar sak. Maar die Cape Flats is hard op drome en real life beteken jy moet doen wat jy kan om te survive.
* Debuut *
Met: Lee-Ann van Rooi
Regisseur: Hennie van Greunen
Teks: Chase Rhys
Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: HB Thom-laboratorium, Stellenbosch
Datum: 2 Maart 10:00 | 3 Maart 13:00 | 4 Maart 20:30 | 5 Maart 10:00
Woordfees 2018
Kinnes
Kinnes
Roekeloos
2.5