#KKNK Braai

Braai
Roekeloos
19 Maart

Op ’n plaas in die hartland van Suid-Afrika koes oud-polisieman Speedy Saayman steeds vir die “terrs”.

Wanneer die rum en Coke praat en vleis op die kole sis, word kinders die sondes van hul vaders toegereken. Die verlede bloei deur tussen sussie se balletvoete, ma se forget-me-nots en boetie wat die geweersneller koester. Eenoog-Flippie het die tragedie sien kom …

’n Onthutsende nuwe Afrikaanse drama, uit die pen van die bekroonde joernalis Willemien Brümmer oor dit wat gebeur wanneer gesinspolitiek en landspolitiek hande vat.

Braai is die eerste wenteks van die Absa KKNK / Die Dagbreek Trust Teks-ontwikkelingsprojek in 2012.

Met: Gys de Villiers, Leon Kruger, Edwin van der Walt, Esther von Waltsleben, Dean-John Smith en Mar-li van der Merwe
Regie: Lara Bye
Teks: Willemien Brümmer
Vervaardiger: Hugo Theart / TEATERteater
Ontwerper: Jaco van Wyk
Choreografie: Fiona du Plooy
Verhoogbestuurder: Wilhelm Conradie en Chris Pienaar
Teksmentor: Schalk Schoombie

Ouderdomsbeperking: Afr. Geen o/16 G T
Tyd: 75 minute
Kaartjies: R 110
Plek: Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart 14:00 (Finale Kleedrep: R55), 30 Maart 15:00 en 20:00, 31 Maart 09:00 en 13:00 & 1 April 14:00

KKNK 2014

4

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar