Suid-Afrika het nog nooit so iets beleef nie! Een van die lekkerste lekkerlag klugte word nou opgevoer.
Maak jou reg vir ‘n skreeusnaakse deurmekaarspul met vele krisisse en misverstande; ‘n Getroude man, sy vrou, sy knypie-oppie-kant (‘n pragtige blondine) en sy assistent wat alles geheim moet hou … almal saam in een hotel … en om dinge verder om te krap arriveer Mev Ds Hannah Papenfus … by dieselfde hotel! … ‘n konsternasie oppie stasie!
Knypie Oppie Kant word geregisseur en is vertaal deur Pierre van Pletzen, ‘Oubaas’ van 7de Laan vanuit die oorspronlike Engelse Ray Cooney treffer Two Into One. Pierre het ook die gehore skaterend gehad met die vertaling en regie van ander Ray Cooney bekendes soos My Vrou se Man se Vrou en My Boetie se Sussie se Ou.
Immergroen Tobie Cronje, Hannes – Groet Die Grotman – Muller en Lizz Meiring is maar ‘n paar van die bekende komiese akteurs wat te siene sal wees in hierdie stuk wat die klug in Pretoria met ‘n groot gedawer weer terugbring.
Knypie Oppie Kant word deur Deon Opperman se Packed House Productions aangebied.