Johan besluit om ’n blaaskans te neem van sy kêrel en ontmoet, per ongeluk, die vrou van sy drome.

Uit ’n skuldgevoel en besluiteloosheid reël hy ’n ontmoeting met al die betrokke partye om te probeer uitsluitsel kry oor wat om te doen.

Mike Bartlett se prikkelende storie werp ’n speelse dog hartroerende blik op seksualiteit en die besef dat jy dalk tog kan kies wie jy liefhet. Wessel Pretorius het dit aangepas vir ’n Suid-Afrikaanse konteks.

MET Wian Taljaard, Wynand Kotze, Karli Heine en Stian Bam

TEKS Mike Bartlett

VERTALING Wessel Pretorius

REGIE Nicole Holm

CHOREOGRAFIE Ilana Cilliers

KKNK 2020

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar