2020 sal die derde jaar wees wat die CTMA en US Woordfees suksesvol ‘n laataand kontemporêre musiek en kuierplek aanbied in die Visuele Kunste Vierkant. Maar vanjaar beloof om selfs beter te wees as 2019 se ongelooflike sukses met ‘n fenomenale line-up van musikante soos Kyle Shepherd, The Unity Band, Ramon Alexander, Schalk Joubert, Sima Mashazi en Mandisi Dyantyis.
“Verder word die reeks aangevul deur ‘n opwindende jazz vertoning in Kayamandi se Amazink op Saterdagaand die 7e Maart. Die vertoning sal bestaan uit ‘n kombinasie van Suid-Afrika se Mandla Mlangeni en Andrew Lilley en ‘n groep top Europese musikante soos Fredrik Noren uit Swede en Martin Zenker uit Duitsland vertel Vicky Davis, CTMA se programbestuurder. “Vir die wat lus is vir laataand kuier, is Jazz in the Quad die perfekte venue – daar is topgehalte vertonings, ‘n kroeg en kosstalletjies. Feeskunstenaars word genooi om saam te kom kuier. Hulle kan gratis toegang kry.”
Saterdag 7 Maart – JAZZ IN KAYAMANDI
Fredrik Noren Quintet met Mandla Mlangeni
By Amazink / Bespreek by Computicket.
R80 by Computicket / R90 by die deur.
Fredrik Noren – Trompet
Mandla Mlangeni – Trompet en stem
Fredrik Kronkvist – Saksofoon
Adam Ross – Tromme
Martin Zenker – Kontrabas
Andrew Lilley – Klavier
Hierdie vertoning bring twee trompet legendes saam – die wenner van die 2019 Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar in die jazz-kategorie, Mandla Mlangeni (Suid-Afrika) en die musiekdirekteur en die hooftrompetspeler van die Stocholm Jazz Orkes, Fredrik Norén (Swede). Die kookwater kontrabasspeler Martin Zenker uit Munchen en ‘n paar van Kaapstad se topmusikante sluit by hulle aan.
JAZZ IN THE QUAD
10-14 Maart – Visuele Kunste Vierkant, Victoria Street elke aand 21h30:
10 Maart: Kyle Shepherd Trio. (met Shane Cooper & Jonno Sweetman)
11 Maart: Ramon Alexander Quartet.
12 Maart: The Unity Band.
13 Maart: Mandisi Dyantyis.
14 Maart: Schalk Joubert en Sima Mashazi.
Kaartjies vir al die ‘Jazz in the Quad’ vertonings beskikbaar by Computicket. R80
R100 by die deur. R300 vir ‘n Vyfdag-kaartjie.