Hy word ´n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ´n pedofiel. Alkohol- en dwelmafhanklikheid ry hom. Een aand word hy gyselaar gehou en met ´n mes gesteek. Hy verloor byna sy been in ´n motorongeluk. Sy foute is volop, maar hy leer soos hy voortbeur. ´n Ware verhaal oor verlies én oorwinning.

Hoerkind bly mens by, dit krap jou om, want dis eerlik.

Hoerkind (gebaseer op die boek van Herman Lategan)- met Geon Nel; Teks- Francois Toerien; Regie- Margit Meyer-Rödenbeck- GEEN ONDER 18 jaar

3 Julie om 20:30, 4 Julie om 10:00 en 5 Julie om 13:00, kykNET Scaena Teater
Bespreek: www.webtickets.co.za


Saterdag 20 Julie en Sondagmiddag 21 Julie- Die Boer Teater Restaurant in Durbanville- Bespreek 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Hoerkind
Hoerkind

Lewer kommentaar

Leave a Reply