Die pad van onthou na die verlede, toe almal nog hoede gedra het, begin op ‘n treinrit na Bellville waar twee seuns van die Namakwalandse tweemanskooltjie op Mesklip moet probeer Engels praat met die dame in hulle kompartement.
In die 1949 herinnering van Andre B Schoeman besoek ‘n inspekteur van skole die standerd 5 klas in Hermanstad in Pretoria. Die verrigtinge word begin deur die sing van stigtelike liedere en die kinders gaan op in smeekgebede, van “straf tog nie in ongenade” tot by “Hy stuit die vyands-woede” van ‘n volgende lied. Vrae oor die Bybel kom eerste en dan oor die land waarin ons woon en uiteindelik ook internasionale sake met rampspoedige gevolge.
‘n Rit na Kaapstad in ‘n Volksie met ‘n gesinnetjie van vyf en ‘n eerste besoek aan ‘n restaurant volg met kleurryke beskrywings van alles wat kan verkeerd loop wanneer ‘n uitgeputte moeder en drie kleuters ‘n Engelse modeparade bywoon. Die rit is beskryf deur Dot Serfontein.
Marga van Rooy speel verskillende rolle van kind-wees tot ma-wees in hierdie reis deur die verlede.
Kalfiefees 2011

60 min R75 De Wetsaal, Hermanus
Sa 6 Aug 18:00 en So 7 Aug 10:00
