Life x 3

Waar begin ek. Dis een van daai gevalle waar ´n stuk absoluut briljant aanmekaargesit is, maar daar is geen eintlike rede daarvoor nie. Miskien is ek net te stupid, maar kan iemand my asseblief net sê wat die doel van die teks is?

Yasmin Reza neem ´n aand in die lewe van Sonia (Louise Barnes) en Henri (Robert Hobbs) en gee dit 3 moontlike gevolge wanneer Hubert (Graham Hopkins), wie ´n groot impak op Henri se loopbaan kan hê, en sy vrou Ines (Fiona Ramsay) 1 dag te vroeg opdaag vir ´n ete-afspraak. Alan Swerdlow se subtiele regie bring die vier sterre se talente tot nuwe hoogtes.

Fiona Ramsay is absoluut briljant in haar rol. Ek was nog altyd ´n aanhanger, maar nou is ek ´n dissipel.

´n Mens verwag al dat Theatre On The Square net produksies van puik gehalte oplewer en ek was weereens nie teleurgesteld nie. Tenspyte van die feit dat daar geen rede vir hierdie, soms histeriese, komedie is nie, is dit die moeite werd om te sien vir die stylvolle hantering van die stuk, die uiters goed geplaasde komedie en veral Fiona Ramsay se briljante vertolking van Ines. ´n MOET vir Sitcom-aanhangers.

skrywer: Orrin Thompson

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar