Nog nuwe talent, wat weereens oppad is boontoe. Cathrina Le Roux speel Anna, ´n vrou met, wel, ´n probleem wat ek nie eintlik kan vertel nie.
Die storie is kompleks en tot op die einde wonder jy: “Wat te donner gaan aan?” Aan die einde word alles geknoop en jy kan nie help as om sprakeloos uit die teater uit te stap nie. Nie sedert Amanda Strydom se State of the Heart het ek so lank gesit en dink oor ´n storie nie.
Die regie en skryf het ´n bietjie werk nodig, maar ´n absolute briljante vertolking van die kerakter deur Cathrina Le Roux. Goldfish toer deur verskeie dorpies en stede.
skrywer: Orrin Thompson
