Loslippig

Ian Wessels het as aanbieder van Loslip, sy geselsprogram weeksdae 2nm op RSG, bekend geraak vir sy spontane, aansteeklike lag.

Gelukkig is hy bekend vir sy mededeelsaamheid ook. Met Loslippig, sy nuwe eenmankomedie, nooi hy jou om saam te kom lag. Hoewel dit dieselfde titel het as sy boek, het Ian heeltemal nuwe materiaal geskryf vir sy debuut op die verhoog.

In Loslippig stel Ian ondersoek in na hoe verskillend mense van die bodorp en die onderdorp die lewe benader. Hy bekyk onder andere dinge soos wynproe, hoe om ‘n doedie te betower, die Afrikaans wat ons praat en die musiek waarna ons luister. Dalk is ons almal maar ‘n bietjie zef, maar genade tog, “wat sal die mense sê?” Om seker te maak Loslippig slaag as ‘n komedie, sing Ian selfs ‘n stukkie opera … wat hy self in die onderdorp gekomponeer het.

En wie beter om die regie van die tong in die kies Loslippig te hanteer as bekende komediant en regisseur, Margit Meyer-Rödenbeck.

Kom ontvlug van die lewe se donker kant met Loslippig se lagterapie.

Loslippig is 11 Julie by Die Boer in Durbanville. Skakel 021 979 1911 vir besprekings.

Ian Wessels
Ian Wessels
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar