DURBANVILLE – Hou jou siel (en jou lagspiere) gereed, want Just Judy: The Beginnings of Judy Judgmental land op Die Boer se verhoog. In haar skitterende debuut trek Judy nie heeltemal uit nie—maar emosioneel gooi sy die kasdeure só wyd oop dat selfs jou tannie wat te veel drink sal bloos.

Wie is Judy Judgmental wanneer die pruik afgepluk en die disco-liggies afgeskakel word? Blykbaar iemand met genoeg sass, siel en sequins om ’n hele dorpsfees aan die gang te sit. Verwag ’n reis deur identiteit, kwesbaarheid en die durf om jouself te word—selfs al beteken dit jy moet jou innerlike diva én dromer loslaat soos twee honde sonder leibande.

Wanneer en waar?
19 Desember om 20:30 by Die Boer Teaterrestaurant.
Kaartjies is R200—skakel 021 979 1911 of surf jou pad teater toe by die www.dieboer.com

Judy Judgmental

Lewer kommentaar

Leave a Reply