Man-Alleen, ´n komiese eenvrou stuk waarna KKNK Feeskoerant, Krit, verwys het as "omonwonde een van vanjaar se mees geslaagde produksies." is te siene in die Baxter Sanlam Studio Teater vanaf einde Junie 2003. Die toneelstuk poog om van die dieper vraagstukke van die lewe te ondersoek, soos mans se fasinasie met borste, en ook vroue se fasinasie met borste. Dit kyk na rook, drink en ander noodsaaklikhede, en steek die draak met kermgatte, politici en ander luukshede. Die fynere nuanses van braaivleis, bier en rugby kom onder die mikroskoop terwyl sake van die dag en ook sake van die nag word aangeroer in dié vertoning van Afrikaanse skerpskerts komedie.
In die titelrol is Lindie Stander wat gehore in rep en roer gehad het by die Aardklop Nasionale Kunstefees verlede jaar en ook by die meer onlangse Woordfees in Stellenbosch, met haar vertolking in Saartjie Botha se Tip.
Die teks is deur Lindie Stander en Gaerin Hauptfleisch met Hauptfleisch wat ook die regie behartig.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
