Daar is Crown-visolie, en dan is daar crowns op Mavis se kop … en let’s face it, nie alle queens loep rond met regte crowns op hulle koppe of wôd agtevolg deur accolades en praises nie.
Luckily vi jou is sy nie alle queens nie. Sy is Mavis vannie Lavis, the one-and-only mabel mettie archived memories, die raunchy receipts en mettie mindful en demoer manner! Kô kyk hoe sy ha onions vi jou ontrafel! En, met elke layer sauté sy en jy die marvellous layers of life. Trek aan jou big gerty panties, cause jy is in virre vicious gayle.
Regie: Basil Appolis
Verwerking: Veronique Jephtas
Tydsduur: 60min
Geen O/16
By Die Boer teater restaurant in Durbanville
14 7 15 Augustus 2025 om 20:30
Kaarrtjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn www.dieboer.com

