Die Rijksmuseum in Amsterdam het tans ’n “Safe Sex?”-uitstalling. Die fokus is op 19de-eeuse prostitusie en sluit afdrukke, tekeninge en foto’s in, maar die sheath de résistance is die amper 20 cm lange ongebruikte kondoom wat byna 200 jaar oud is. Dit was vermoedelik ‘n geskenk vir klante van ‘n bordeel in Frankryk.
Dit is gemaak van ‘n skaap se blindederm en het nie veel gehelp om seksueel oordraagbare siektes en swangerskap te voorkom nie. Ander kondome uit die era is van linne en selfs skilpaddoppe gemaak.
Daar is ook ‘n erotiese ets op die kondoom van ‘n halfnaak non wat na drie ewe ontklee geestelikes wys en die frase “Voila, mon choix”, wat beteken “Daar, dis my keuse.” Die tekening is onder andere ‘n vorm van sosiale kommentaar op diegene wat verkies om selibaat te wees.

