Die danswêreld het pas ‘n reuse (en grasieuse) sprong vorentoe geneem met die aankondiging van Jazzart Dance Theatre se eerste Meraki Dance Festival, ‘n innoverende platform wat alle dans vier vorm in Suid-Afrika en wat 27 Februarie – 1 Maart 2025 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad sal plaasvind.
Jazzart is al meer as 51 jaar aan die voorpunt van kontemporêre dans in Suid-Afrika. Oor hierdie tyd het die maatskappy konsekwent kreatiewe fisieke uitdrukking gedryf met die vasvang van heersende narratiewe in dans, sowel as hulle 3-jaar professionele danskwalifikasie.
Meraki beteken, “om iets met siel, kreatiwiteit of liefde te doen; om ’n stukkie en essensie van jouself in jou werk te laat”. Dit omsluit perfek Jazzart se begeerte om plaaslike, nasionale en internasionale choreograwe ten toon te stel, en om ‘n platform te skep waar ons nuwe werke kan deel, en geliefde uitvoerings kan verwerk. Die fees sal ook gesprekke oor verskillende choreografiese style aanwakker, en die middelpunt wees vir hierdie talentvolle professionele persone om hul vaardighede met opkomende choreograwe te deel.
Die Meraki-dansfees is Jazzart se sein aan alle Suid-Afrikaners dat hulle en hul danskollegas hier is om te bly. Die land se stories sal steeds deur dans vertel word, en dat hierdie medium sterker as ooit is.
Feesvervaardiger, Nwabisa Plaatjie deel dat, “hierdie eerste feesprogram uiteenlopende dansstyle sal aanbied, van kontemporêr tot ballet, en sal gevestigde en opkomende choreograwe soos Sifiso Kweyama, Sbo Ndaba, Shaun Oelf, MANACAN, Lihle Mfene, Gain Collective, Imbewu, asook Chloé Blair van Joburg Ballet ten toon stel.
“Die fees sal ook werkswinkels en meesterklasse insluit. Ons nooi dansers uit om in te skryf en aan te sluit, want dit sal ‘n gulde geleentheid wees om hul tegniek te leer en uit te brei en nuwe vriende te ontmoet. Ons wil natuurlik ook gehore aanmoedig om uit te kom en die diepte van danstalent wat in die land aangebied word, te ervaar. Hulle sal nie teleurgesteld wees nie.”
Elke aand sal ‘n unieke uitvoeringservaring bied met verskillende programkomposisies wat aangebied word, terwyl die ateljees sal gons met energieke en boeiende werkswinkels en meesterklasse vir dansers van alle vlakke. Maatskappye wat aan die fees deelneem sluit in Cape Ballet Africa, Figure of Eight Dance Theatre en die dansers van Baba Yaya wat saam met Jazzart se leerlinge op die verhoog aansluit.
Vir gehore is die fees ‘n uitnodiging om die oorvloedige moontlikhede wat die lewe in 2025 kan inhou te verken en om die volle gees van meraki in hul eie lewens te omhels.
