Mavis Kellerman, ’n weduwee wat haarself afgesluit het vir die wêreld, ontvang eendag ’n uitnodiging in die pos vir die opening van ’n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente.
Die eienaar, Mike Lewis, is ’n eksentrieke jongkêrel met ’n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te oorwin en bevind haarself aan die ontvangkant van ’n vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ’n reeks romantiese afsprake.
Wat sy egter nie weet nie is dat sy en Mike ’n geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het.
’n Romantiese komedie met ’n knop in die keel.
* DEBUUT *
Met: Elize Cawood & Wilson Dunster
Regie: Gerrit Schoonhoven
Deur: Wessel Pretorius
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R125
Plek: Totius Saal, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 16:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 10:00 | 6 Okt 13:00 | 7 Okt 10:00
Mike en Mavis
Mike en Mavis
Roekeloos
3